📦 Gratis Aflewering, Vir Altyd! Het jy ’n spesiale versoek of unieke idee vir jou Plantboks? 🌿 Kontak ons gerus by +27 62 622 6894 – ons help jou met liefde om jou plante-drome waar te maak. 💚

Celosia (Hanekam / Vlamblom) x30 Plantjies

R599.00

🌸 Celosia (Hanekam / Vlamblom)


Celosia is ’n ware skouspelblom met sy unieke, vlam- of hanekamvormige bloeisels in helder kleure soos rooi, geel, oranje en pienk. Dit bring onmiddellik energie en ’n tropiese flair na jou tuin en is ’n ware trekpleister vir die oog.

  • Fokus- of vertoonblom in blombeddings

  • Potte en houers vir ’n kleurvolle patio

  • Om jou blomtuin ’n eksotiese en vrolike karakter te gee

  • Sonlig: Verkies vol son vir die beste kleur en groei.

  • Water: Gereelde water, maar sorg dat die grond goed dreineer.

  • Versorging: Verwyder ou bloeisels om nuwe groei aan te moedig.

  • Gehardheid: Sterk en maklik om te groei, hou van warm weer.