📦 Gratis Aflewering, Vir Altyd! Het jy ’n spesiale versoek of unieke idee vir jou Plantboks? 🌿 Kontak ons gerus by +27 62 622 6894 – ons help jou met liefde om jou plante-drome waar te maak. 💚

Natuurlike Plantkrag
Stimuleer gesonde groei met ons 100% natuurlike damkiep kragsap.
Gereelde vrae
Wat is damkiep kragsap?
DamKiep Kragsap is ’n natuurlike plantvoeding gemaak van damwater wat ryk is aan vispoef en organiese hoendermis. Dit is ’n vloeibare “kragdrankie” vol noodsaaklike voedingstowwe en mikrobes wat jou plante help groei, blom en sterk bly – alles 100% natuurlik.
Hoe gebruik ek dit?
Verdun 1 liter van hierdie mengsel met 5 liter gewone water.
Gooi dit om die wortels van plante, elke 2 weke.
Vir groente wat vinnig groei (soos blaarslaai, spinasie, kruie) kan jy dit selfs weekliks gee.
Is dit veilig vir plante?
Ja! DamKiep Kragsap is heeltemal veilig vir groente, kruie, blomme, potplante en selfs jong bome. Omdat dit natuurlik is, brand dit nie plante as dit reg gebruik word nie en beskadig dit nie die grond of die omgewing nie.
Hoe dikwels moet ek dit gebruik?
Vir die beste resultate, gebruik dit elke 2 weke. Vir vinnig-groeiende groente en kruie kan jy dit selfs weekliks gebruik. Onthou: minder, maar gereeld, is beter as te veel op een slag.
Wat is die voordele?
Stimuleer sterk wortelgroei
Bevorder groen blare en gesonde groei
Verskaf natuurlike voeding uit vispoef en dam-mikrobes
Hoendermis voeg ekstra stikstof, fosfor en kalium by
Verhoog grondgesondheid en plantimmuniteit
Ideaal vir groente, kruie en blomme
Wat bevat die produk?
Damwater ryk aan vispoef en natuurlike mikrobes
Organiese hoendermis
’n Balans van stikstof (N), fosfor (P) en kalium (K) vir groei
Organiese minerale en natuurlike bakterieë wat grond lewe gee


DAMKIEP
Ontdek die krag van natuurlike voeding vir jou tuin.





Oor Ons
Elke bottel DamKiep Kragsap dra die gees van daardie dam: natuurlik, suiwer en vol lewe. Dit is ’n eerbetoon aan my pa – aan sy harde werk, sy liefde vir die natuur en sy geloof dat alles wat ons nodig het, reeds in die aarde en water skuil.
Wanneer jy DamKiep Kragsap gebruik, voed jy nie net jou plante nie – jy deel in ’n storie van familie, liefde, en die krag van die natuur wat bly voortleef.






Ons Produk
DamKiep Kragsap is ’n unieke plantvoeding wat die krag van damwater en hoendermis kombineer. Die damwater, verryk met visse se poef, bevat ’n lewende oplossing vol voedingstowwe en natuurlike mikro-organismes wat die grond gesonder maak en plante sterker laat groei.
By hierdie lewende water voeg ons organiese hoendermis – bekend vir sy rykdom aan stikstof, fosfor en kalium. Hierdie balans van N-P-K is presies wat plante nodig het vir:
Stikstof (N) – groen, gesonde blare en vinnige groei
Fosfor (P) – sterk wortels en helder blomvorming
Kalium (K) – vrugte en groente wat voller en gesonder ontwikkel
Die kombinasie van viswater + hoendermis maak DamKiep Kragsap ’n natuurlike, 100% organiese kragdrankie vir jou tuin. Dit voed jou plante van wortel tot blaar, verbeter die grond se lewe, en gee jou tuin die balans wat die natuur self ontwerp het.
Natuurlike Plantkrag
Stimuleer gesonde groei met ons 100% natuurlike plantkragdrankie.
Groei en Gesondheid
Ondersteun wortels en blare met voedingryke damwater.
Veilig vir Plante en Diere
Ons produk is veilig vir alle plante, diere en die omgewing.
Eenvoudig om te gebruik
Verdun met water en gee elke twee weke.
Klantresensies
Ontdek wat ons klante sê.
“Ek het DamKiep Kragsap begin gebruik op my cannabis-plante en die verskil is ongelooflik. My bome het vinniger gegroei, die blare is donkergroen en gesond, en ek sien ’n merkbare verbetering in blomvorming. Ek hou daarvan dat dit natuurlik is en nie my grond oorlaai nie. Hierdie produk is nou ’n vaste deel van my boerdery.”
Cannabis Boer – Jaco V.
Pretoria
“Ek het ’n groot versameling binnenshuise plante en was altyd bang vir chemiese kunsmis. Toe ek DamKiep Kragsap ontdek het, het my plante letterlik begin leef! My varings en monstera lyk voller, en selfs my moeilikste plante groei nou beter. Ek is mal daaroor dat dit organies en veilig is, selfs binnenshuis.”
Binnenshuise Plantliefhebber – Marli S.
Kaapstad
★★★★★
★★★★★
Teken in vir Natuurlike Groei
Ontvang organiese energie vir jou tuin.


